Talle beseer na ontploffing in winkelsentrum

Die foto is deur die gebruiker @wolfzwe op Twitter geplaas.

Minstens dertien mense is Donderdagoggend beseer, waarvan drie glo kritiek, na ʼn ontploffing by die Festival-winkelsentrum in Kempton Park.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Tshishikhawe Ndou, sê die oorsaak van die ontploffing by die Mugg & Bean eetplek is steeds onbekend en die polisie is op die toneel. ʼn Woordvoerder van die Ekurhuleni nooddienste, William Ntladi, sê tien mense is lig beseer terwyl drie ander in ʼn ernstige toestand na ʼn plaaslike hospitaal geneem is. Ntladi sê sewe van die beseerdes is werknemers van Mugg & Bean en veiligheidswagte. “Geen klante is beseer nie en die polisie is steeds op die toneel.” Ntladi sê die ontploffing het in een van die agterkamers naby die kombuis plaasgevind. “Dit blyk ʼn gasontploffing te wees maar ons ondersoek nog die presies oorsaak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.