Talle beseer na ‘padwoede-voorval’

Die polisie in Mpumalanga sê hulle stel ondersoek in na ʼn beweerde padwoede-voorval Saterdag in Middelburg in Mpumalanga waarin meer as 10 mense beseer is.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het glo plaasgevind nadat ʼn taxibestuurder nalatig bestuur het. “Die bestuurder van ʼn ander motor het glo sy motor voor die taxi ingeswaai en hom gekeer om verder te ry.” Hlathi sê die bestuurder van die taxi en die bestuurder van die motor het uitgeklim en begin stry. Die bestuurder van die motor het glo iemand geskakel om hom te kom help. Hlathi sê ʼn groep mense het opgedaag om hulp te verleen. “ʼn Geveg het uitgebreek tussen die groep en die passasiers van die taxi.” Hlathi sê die passasiers in die taxi is aangerand en ʼn verfbalgeweer is ook glo gebruik. Hy sê sewe van die passasiers is glo ernstig beseer. Hlathi sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie maar dat daar klagte van aanranding aanhangig gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BomSkok ·

Ja, en die taxibestuurder sal seker nou weer die arme slagoffer wees…

Coenraad ·

Dit gaan meer en meer begin gebuir-ons is gatvol vir die wetteloosheid in die land.Afrikaners gaan nie meer stilbly en vertrap word nie-die reenboog aborsie van n land gaan ons slegte kant begin sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.