Talle beseer na partytjiebus omslaan

Sestig mense is beseer, waaronder 12 kritiek, toe ʼn partytjiebus vroeg Sondagoggend op die M2 naby die Cleveland-afrit omgeslaan en gerol het.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die bus het glo op die nat pad gegly waarna die bestuurder glo beheer verloor het. Banks sê 12 mense het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voor hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling. Hy sê van die oorblywende 48 mense het snye en skaafwonde opgedoen terwyl ander vir nek- en rugbeserings behandel is. Banks sê die bus was glo op pad van New Town na ʼn ander partytjie toe die voorval plaasgevind het. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.