Nagenoeg 320 mense is dakloos gelaat nadat twee afsonderlike brande Maandagaand in Kaapstad uitgebreek het.
Theo Lane, ʼn woordvoerder van Kaapstad se nooddienste, sê die eerste brand het omstreeks 19:00 in die California informele nedersetting uitgebreek. “Omtrent 60 plakkershuise het tot op die grond toe afgebrand en 200 mense is dakloos. Niemand is in die brand beseer nie,” het Lane gesê. Volgens Lane het die brand ontstaan nadat ʼn oond onbewaak gelaat is.
Die tweede brand het Dinsdag in die vroeë oggendure in die 8ste Laan informele nedersetting ontstaan. “Sowat 20 plakkershuise het afgebrand en 120 mense is dakloos gelaat. Geen beserings is aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie,” het Lane gesê.