Talle dood in ontploffing

Reddingswerkers soek deur die puin na oorlewendes. Foto: AP

Ten minste 25 mense is dood in ‘n ontploffing wat in die parkeergarage van die hoofkantoor van die Meksikaanse energiebedryf, Pemex voorgekom het. Drie verdiepings van die gebou is erg beskadig.

Die hoofkwartier is langs die bekende Pemex-toringblok van 52 verdiepings, een van die hoogste geboue in Meksikostad. Die toringblok is na die ontploffing ontruim, maar dit het geblyk dat dit nie beskadig is nie.

Ten minste 100 mense is ook in die ontploffing beseer, en noodwerkers soek nog deur die swaar stukke beton na beseerdes en nog slagoffers.

Die oorsaak van die ontploffing is nog onbekend, maar word deur die vervolgingsgesag ondersoek.

In 2010 het twee ontploffings ses weke na mekaar Pemex se raffinadery buite die stad Monterrey voorgekom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.