ʼn Groot groep internasionale en nasionale media en lede van die publiek drom buite die Pretoriase landdroshof saam waar die Paralimpiese en Olimpiese atleet, Oscar Pistorius, na verwagting om 09:00 gaan verskyn op aanklag dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag doodgeskiet het.
Derek Watts, ʼn verslaggewer van Carte Blanche, het Maandag ʼn foto op Twitter publiseer en gesê die mediaskrum buite Hof B van die landdroshof lyk eerder soos Loftus.
Maandag se hofverrigtinge behoort nie lank te duur nie en Oscar sal amptelik hoor op watter aanklagte hy teregstaan en wat die amptelike datum is wanneer die verhoor gaan begin.
Maroela Media het Sondag berig die verhoor behoort in Maart te begin. Daar is ook mediaberigte wat beweer dat twee nuwe aanklagte, wat verband hou met die roekelose hantering van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek, by die klagstaat gevoeg gaan word. Lees meer hier.
REGTIG Media!!??!!! Is daar nie belangriker dinge om te rapporteer nie?? Julle almal is sommer belaglik!
STERKTE VIR HAAR OUERS….REEVA SOU VANDAG 30 GEWEE
HET…SO MOOIE JONGE VROU…..
sterkte Oscar.hoop jy het n reverdige verhoor
Ek glo nie daar kan ‘n erger eina wees as om ‘n kind aan die dood af te staan nie. Ons kan net bid vir Reeva se ouers vir voorspoed en ook vir Oscar en sy geliefdes. Baie tragiese gebeure.