Talle gered uit sneeu in Lesotho

Foto: ER24

Suid-Afrikaanse reddings- en nooddienswerkers het Sondag altesame 41 mense wat in die sneeu in Lesotho vasgekeer was na veiligheid gebring.

ER24 sê paramedici van dié maatskappy het omstreeks 10:00 Sondagoggend verskeie noodoproepe ontvang van mense wat in die Butha Buthe-pas onderweg na Afri-Ski en Oxborn lodge vasgekeer was. Volgens ER24 was nagenoeg 30 voertuie in die sneeu vasgekeer en was van die voertuie in botsings betrokke nadat hulle in die sneeu gegly het. Talle mense is vir hipotermie en dehidrasie behandel. ʼn Swanger vrou en kind is vir kroep behandel. ER24 is deur Suid-Afrikaanse 4×4-eienaars bygestaan. Al die mense is na ʼn tydelike kliniek in Fouriesburg in die Vrystaat vervoer waar behandel is voor hulle na gastehuise in die area geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.