Talle grensposte gesluit

Verkeersopeenhoping naby Mooirivier op die N3 Foto: @loppi1107, Twitter

Vier grensposte in Suid-Afrika is weens die uiterste weerstoestande gesluit.

Die Gacha’s Nek-grenspos in die Oos-Kaap, Monontsha in die Vrystaat en beide die Sunnypas en Boesmansnek in KwaZulu-Natal grensposte is tot verdere kennisgewing gesluit, berig EWN. “Die oorgrote meerderheid van ons grensposte verskaf steeds die noodsaaklike en normale immigrasie-dienste, maar ‘n paar moes gesluit word, aangesien die paaie onbegaanbaar is en sommige poste swaar sneeuval beleef het,” het Ronnie Mamoepa, woordvoerder vir die departement van binnelandse sake, Woensdag gesê. Die N3-tolkonsessie het Woensdag bevestig die snelweg is weer oop vir verkeer na dié pad Dinsdag gesluit is. Talle voertuie was naby Mooirivier vasgekeer weens die sneeu. Die pad tussen Villiers en Cedar in KwaZulu-Natal is ook nou weer oop vir verkeer. Andy Visser, woordvoerder vir die N3-tolkonsessie, het gesê motoriste kan opeenhopings te wagte wees. “Motoriste moet versigtig ry, aangesien die pad nog nat is,” het sy gesê.

Dit het Dinsdag in al nege provinsies in Suid-Afrika gesneeu. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat dit moontlik die eerste keer is dat al die provinsies tegelykertyd sneeuval beleef. Kragonderbrekings is in dele van Johannesburg aangemeld, maar Eskom het aangedui dat hulle hul bes doen om elektrisiteit na dié dele te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.