Talle in hospitaal ná diarree-uitbreking

toilet-paperAltesaam 45 mense in Limpopo moes in die hospitaal opgeneem word nadat hulle diarree opgedoen het.

“Beamptes het ʼn werkswinkel by ʼn lodge bygewoon voor hulle erg siek geword het en in die hospitaal opgeneem moes word,” het Macks Lesufi, die woordvoerder van die provinsie se departement van gesondheid, Maandag gesê.

“Die provinsie se reaksie-eenheid wat die uitbreking van sulke siektes ondersoek, is op die toneel in Mokopane. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur om die oorsprong van die uitbreking te bepaal, waarna meer inligting beskikbaar gemaak sal word.”

Die departement vermoed besmette water of kos wat die beamptes by die lodge ingeneem het, is die bron van die uitbreking.

Nege van die mense wat in die hospitaal opgeneem is, is in ʼn kritieke toestand. Altesaam 36 van die mense het behandeling ontvang en is Sondag uit die Voortrekker-hospitaal ontslaan.

Lesufi het diegene met diarree-simptome aangeraai om nie paniekerig te raak nie, maar dadelik hul plaaslike dokter te raadpleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.