Sowat 180 000 huishoudings in die Tshwane-metrogebied het nie die maand hulle munisipale rekeninge gekry nie aangesien die munisipaliteit nie genoeg koeverte gehad het nie.
The Star berig dat die munisipaliteit Donderdagaand ʼn verklaring uitgestuur en gesê dat hulle verskaffer nie genoeg koeverte afgelewer het nie weens die afgelope feestyd wanneer talle verskaffers sluit. Die munisipaliteit stuur nagenoeg 800 000 rekeninge per maand. Die munisipaliteit sê hy hoop om die agterstand binne ʼn dag of twee uit te sorteer. Inwoners kan van verlede maand se rekening gebruik maak om ‘n betaling te maak.