Talle onwettige myners glo dood na rotsstorting

ʼn Groep onwettige myners is glo dood nadat hulle na bewering vasgekeer is in ʼn myn wat tussen die Grootvlei- en Gravelotte-myn aan die Oos-Rand geleë is.

Die vakbond Solidariteit sê die liggame van die onwettige mynwerkers kon nog nie verwyder word nie, omdat die area te onstabiel is om pogings voort te sit om die liggame uit die myntonnel te haal. Een onwettige mynwerker is die afgelope week ernstig beseer en volgens hom is minstens 20 onwettige mynwerkers dood in ʼn rotsstorting. Solidariteit sê dit blyk dat die myners vanaf Grootvlei se Van Rijn-oopgroefmyn toegang tot die myn verkry het. Volgens Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is dié ongeluk nog ʼn direkte gevolg van Aurora se stropery en nalatigheid wat daartoe gelei het dat die eens spogskag van die Grootvlei-myn letterlik tot op die grond afgebreek is. “Hierdie myne is besig om in ‘doodskagte’ te ontaard. Totdat die bates finaal verkoop is, gaan niemand volle verantwoordelikheid neem om onwettige mynbedrywighede hier te keer, die mynskagte voldoende te beveilig en weer in ʼn werkende toestand te kry nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.