Talle onwettige mynwerkers gered

Onwettige mynwerkers ontvang mediese behandeling voor hulle in hegtenis geneem word. Foto: ER24

Onwettige mynwerkers ontvang mediese behandeling voor hulle in hegtenis geneem word. Foto: ER24

Minstens 11 onwettige mynwerkers is reeds na die oppervlak gebring nadat hulle ondergronds in ʼn verlate myn in Benoni aan die Oos-Rand vasgekeer was.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê niemand is sover beseer nie. “Die Ekurhuleni-metropolisie staan by om hulle in hegtenis te neem en te ondervra oor of daar nog mense ondergronds is.” Volgens berigte is sowat 200 onwettige mynwerkers ondergronds vasgekeer. Van die onwettige mynwerkers weier nou glo om na die oppervlak terug te keer omdat hulle in hegtenis geneem gaan word.

Lees ook:
Onwettige mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer
Honderde onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JB ·

So word ons beslastinggeld gemors op heel waarskynlike nog onwettig immegrante!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.