Talle paaie steeds gesluit

Sneeu in die Matroosberg naby Ceres. Foto op 14 Julie geneem deur Niel Swart, iWitness vir EWN

Die N1 noord van Beaufort-Wes is steeds gesluit ná swaar sneeuval in die gebied.

Die nasionale pad tussen Beaufort-Wes en Victoria-Wes was Saterdagaand vir ‘n rukkie oop, maar is weer versper, berig EWN. Die roete tussen Gauteng en Kaapstad via Middelburg, Graaff-Reinet en Aberdeen is ook vir verkeer gesluit. Ashref Ismail, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) doen ‘n beroep op motoriste om hul reisplanne uit te stel. Beamptes wend ‘n gesamentlike poging aan en die weermag kan moontlik met reddingspogings help.

Ismail versoek mense om die gebied te vermy.

Intussen is gedeeltes van die N6 en die N9 ook vir verkeer gesluit.

Kenny Africa, hoof van die verkeersdepartement in die Wes-Kaap sê hulle is dankbaar dat motoriste geduldig bly.

Meer as 100 inwoners van informele nedersettings is weens vloede uit die Suid-Kaap ontruim. Kos en komberse is uitgedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.