Talle poste vir adv. Barbie

Cezanne Visser, ook bekend as Advokaat Barbie

Die veroordeelde kindermolesteerder Cézanne Visser, ook bekend as advokaat Barbie, het glo reeds verskeie werksaanbiedinge gekry sedert sy op parool vrygelaat is.

Adjunk-kommissaris James Smalberger, hoof van korrektiewe dienste se aanhouding en regstellingseenheid, het geweier om besonderhede oor dié werksaanbiedinge bekend te maak, en hy het gepleit dat die publiek vir Visser ‘n tweede kans sal gee. Hy het gesê sy moet genoeg ruimte gegun word om te besluit watter pos sy wil aanvaar.

Visser is Maandag op parool vrygelaat nadat sy die helfte van haar sewe jaar tronkstraf uitgedien het. Sy is in 2010 skuldig bevind aan onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie. Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis.

Lees ook:
“Gee adv. Barbie ʼn kans”
Foto: Adv. Barbie kry parool
Adv. Barbie kry vandag parool
Adv. Barbie binnekort op parool
Advokaat Barbie bly agter tralies vir eers
Advokaat Barbie wen eerste rondte
‘Adv. Barbie’ moet nog sit
Adv. Barbie dalk binnekort op parool uit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Uhmm, bly net ver weg van kinders af !

Waarom sou mense oor hul voete val met werksaanbiedinge ? Verskuilde agenda ?

Willie ·

Dankie Abba Vader dat u vir elkeen n 2de kans gegee het op Golgotha,vir my en elkeen wat kommentaar lewer op hierdie berig

Trudie ·

Ek glo sy moes langer sit….haar straf was te lig….glo ek..

Tokkie ·

As dit moontlik is boikot die plek waar sy gaan werk – ek het geen tyd vir verkragters en kindermolesteerders nie. ‘n Jakkals verander van hare maar nooit van streke nie.

Gert Malan ·

Sy was klaar gestraf en het haar straf gedeeltelik in die gevangenis uitgedien. Die moeilikste le nou voor – om eerstens die res van haar vonnis in die gemeenskap uit te dien, met baie streng voorwaardes en tweedens om die mense rondom haar weer in die oe te kyk. Gee haar ‘n kans, moet haar nie verder ooredeel nie. Seg Net, Trippie, trudie en Tokkie, duidelik weet julle nie wat aangaan nie, julle behoort julle te skaam vir julle opmerkings. Bravo Willie, bid en nogmaals bid is die antwoord. Ons God is groot en Hy sal haar pad vir haar uitle.

Carien ·

En die kinders in die kinderhuis wie se lewens verwoes is – waar is hulle “tweede kans” / werksaanbiedinge?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.