Talle SA’ners word vir selfone vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Selfone is ʼn algemene motief vir moord in Suid-Afrika, het ʼn regter van die hooggeregshof Woensdag gesê.

Regter Rishi Seegobin van die hooggeregshof in Pietermaritzburg was besig met sy vonnisoplegging vir ʼn man wat sy vriend in ʼn bakleiery oor ʼn selfoon vermoor het. “Wat is dit met selfone dat mense bereid is om daarvoor te moor? Om iemand dood te maak vir ʼn goedkoop selfoon is die vlak waarna sekere siek mense gedaal het,” het Seegobin gesê.

Thembazane Sikhakhane, troufotograaf, is Woensdag deur Seegobin tot 13 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy Nkosinathi Khanyile in Augustus vermoor het. Sikhakhane het Khanyile se selfoon geleen om musiek af te laai. Toe Khanyile dit die volgende dag teruggeëis het, het Sikhakhane gesê hy is nog nie klaar met die selfoon nie. Dié woorde, en die misbruik van alkohol het toe tot ʼn bakleiery gelei waartydens Sikhakhane ʼn knipmes te voorskyn gebring het en Khanyile sowat 10 keer in die nek gesteek het.

Hy het skuldig gepleit op ʼn aanklag van moord.

Seegobin het bevind dat sy bekentenis en samewerking met die polisie toon dat hy berou het oor die voorval. Sikhakhane het die familie ook om verskoning gevra en hulle R2 000 en ʼn koei aangebied. Dit is sy eerste oortreding.

Seegobin het bevind dat dit noemenswaardige faktore is wat ʼn afwyking van die voorgeskrewe 15 jaar vir ʼn eerste oortreder regverdig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Renette ·

En drank is meeste van die tyd betrokke, nog nooit gehoor van iemand wat agv ‘n sigaret iemand dood maak nie.

Jasper ·

Daar was so n geval nie lank terug nie.Dit het oor sigarette gegaan maar die oorsaak was drank.

Jaco ·

Weet iemand hoe kan ek vir Juuju ‘n nuwe Samsung S4 skenk?, ek het ook vir Die Spear ‘n nuwe Iphone 5. Sal dit gratis en verniet vir hulle stuur…..

piet ·

JACO, I CATCH YOUR DRIFT. STERKTE EK GLO BAIE, SAL FONE SKENK AAN BAIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.