Talle skoolkinders beseer in KZN-ongeluk

Meer as 30 mense, waarvan die meeste skoolkinders is, is beseer nadat twee taxi’s Donderdagoggend in Marion Hill in KwaZulu-Natal gebots het.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 07:00 in Acornweg plaasgevind.

“Dit is nog nie seker hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Die voertuie het gebots waarna een taxi omgeslaan het. Die ander taxi het teen ʼn wal afgery,” het Banks gesê.

Paramadici van verskeie nooddienste is steeds op die toneel om die beseerdes by te staan en na verskeie hospitale in die gebied te neem. Volgens Banks is 25 van die slagoffers skoolkinders tussen die ouderdom van vier en ses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.