Talle Springbokke die naweek in aksie in Curriebeker-reeks

Talle Springbokke sal die naweek in aksie wees tydens die Curriebeker-reeks nadat verskeie spanne Bokspelers ingesluit het in hulle spanne vir die naweek se wedstryde.

Springbok-afrigter Peter de Villiers het 15 spelers wat uit Nieu-Seeland teruggekeer het van die afgelope Drienasies-toer, vrygestel om die naweek in die Curriebeker-reeks te speel. Die Bulle het sewe van sy agt terugkerende Springbokspelers ingesluit in die span wat Saterdag op Loftus teen die Leeus te staan kom. Dit sluit in Chiliboy Ralepelle, Bjorn Basson, Flip van der Merwe, Werner Kruger en Dean Greyling. Wynand Olivier is nie by die span ingesluit nie aangesien hy tans van ʼn skouerbesering herstel.

Die Haaie se afrigter John Plumtree het by sy woord gehou en geen Bokspelers ingesluit by sy span vir Vrydag se wedstryd teen die Griekwas in Kimberley nie. Die Springbokspelers Ryan Kankowski, Charl McLeod en Patrick Lambie is as plaasvervangers aangekondig. Die Cheetahs se afrigter Naka Drotske het vier Springbokspelers ingesluit by sy span wat Saterdag teen die Westelike Provinsie in Bloemfontein te staan sal kom. Ashley Johnson, Adriaan Strauss en Coenie Oosthuizen is deel van die beginspan terwyl Heinrich Brussow op die plaasvervangersbank sy beurt sal afwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.