Talle sterf by 102-jarige se begrafnis

Foto: AFP

Foto: AFP

Minstens 18 mense is dood, en 60 beseer toe begrafnisgangers mekaar tydens die begrafnis van ‘n 102-jarige Moslem-geestelike in Indië vertrap het.

Syedna Mohammed Burhanuddin, leier van Dawoodi Bohra Moslemgemeenskap is Vrydag by sy huis in Mumbai oorlede.

Uit TV-opnames blyk dit dat tienduisende mense by die huis in Mumbai saamgetrek het toe die vertrappery begin het.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuus, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.