Talle sterf in vliegongeluk

Tagtig mense is dood nadat ‘n militêre vliegtuig in ‘n berg in die suide van Marokko vasgevlieg het.

Daar is vroeer berig dat 78 mense in die ongeluk dood is en twee ernstig beseer is. Die twee passasiers het later aan hulle wonde beswyk. Daar is aanvanklik berig dat al 81 mense aan boord dood is maar daar is later vasgestel dat een passasier nie op die vliegtuig geklim het nie en hy foutiewelik bygereken is. Koning Mohammed die sesde het intussen drie dae van rou aangekondig na die tragedie wat as die dodelikste vliegongeluk in die land se geskiedenis bestempel word. Die ongeluk was na bewering te wyte aan gure weer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.