Talle vas in Jhb-middestad

handcuffs3-320x257Die polisie in Johannesburg het sedert Vrydag minstens 48 mense is in die middestad in hegtenis geneem vir verskeie misdade waaronder poging tot moord en gewapende roof.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, sê drie mense is in hegtenis geneem vir poging tot moord, twee vir gewapende roof, een vir die besit van ʼn gesteelde voertuig en 11 vir winkeldiefstal. Mbele sê die ander verdagtes is vir bedrog, aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, verkragting, die besit van dagga, kwaadwillige saakbeskadiging, die verkoop van alkohol sonder ʼn lisensie, diefstal en dronkbestuur in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.