Talle vas na Sasolburg-chaos

Minstens 87 mense is Sondag in Sasolburg in die Vrystaat in hegtenis geneem gedurende gewelddadige betogings.

Konst. Peter Kareli, ‘n polisiewoordvoerder, sê die betoging het omstreeks 9:30 Sondagoggend begin na ‘n vergadering oor die beplande samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit. Die inwoners is glo ongelukkig oor die owerheid se planne om Sasolburg onder die Ngwathe-munisipaliteit te laat val. Kareli sê die betogers het in drie groepe verdeel waarna hulle strate versper, bande gebrand en polisievoertuie met klippe gegooi het. Hy sê die polisie het met die betogers probeer onderhandel maar sonder sukses. Kareli sê die betogers het verskeie winkels geplunder. Die polisie het 48 mense in hegtenis geneem nadat gesteelde goedere in hulle besit gevind is. Kareli sê ‘n verdere 39 mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld. Die polisie monitor die situasie.

20130121-061337.jpg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.