Talle vas oor spoed

Talle motoriste is die naweek in Johannesburg vir spoedoortredings in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê minstens 14 motoriste is op de N1-suid vasgetrek. Hy sê ʼn 32-jarige man is in Midrand in hegtenis geneem nadat hy teen 219km/h in sy wit BMW M3 vasgetrek is. Minnaar sê die man het aan metropolisielede gesê hy was op pad terug van ʼn partytjie af en dat hy haastig was om by die huis te kom. Die motoriste is almal op borgtog van R1 000 vrygelaat en sal na verwagting Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.