Talle vermis na waterpyp bars

ʼn Gebarste waterpyp het tot gevolg gehad dat meer as 800 mense Maandagoggend uit hul huise in Mamelodi, oos van Pretoria, ontruim moes word.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê die hooftoevoerpyp het omstreeks 1:00 Maandagoggend gebars en oorstromings in die Phomolong informele nedersetting tot gevolg gehad. “ʼn Soek- en reddingspoging is tans onderweg na mense wat vermis word.” Pieterse sê een persoon is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer terwyl vyf ander mense ligte beserings opgedoen het. “Hans Strijdom-rylaan is gesluit van Hinterland-rylaan tot Pretoriaweg. Verkeer gaan erg hierdeur geraak word aangesien die pad eers teen Maandagmiddag weer oopgestel sal word.” Pieterse sê hulle sal binnekort weet hoeveel woonbuurte se watertoevoer word hierdeur geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.