Tandarts trek toe al haar ekskêrel se tande

‘n Poolse tandarts staar drie jaar tronkstraf in die gesig na sy glo al haar ekskêrel se tande uitgetrek het nadat hy hul verhouding verbreek het.

“Ek wou professioneel optree en myself van my emosie losmaak,” het die 34-jarige Anna Mackowiak gesê, “maar toe ek hom daar sien lê het ek gedink ‘wat ‘n idioot’, en toe al sy tande getrek.” Die slagoffer, Marek Olszewski (45) het glo ‘n paar dae na hy hul verhouding verbreek het, by haar praktyk opgedaag en oor tandpyn gekla. Sy het hom toe glo ‘n “swaar dosis” narkose toegedien, die deur gesluit en sy tande een-vir-een begin trek. “Ek het geweet iets is verkeerd toe ek wakker word, want ek kon nie my tande voel nie en my kakebeen was met verbande vasgebind,” het Olszewski gesê. “Sy het gesê my mond is nog dood en my aangeraai om ‘n spesialis te gaan sien. Ek het geen rede gehad om haar in twyfel te trek nie, ek bedoel, ek het gedink sy is professioneel,” het hy bygevoeg. Boonop het Olszewski se nuwe meisie hom ook die trekpas gegee oor sy tandlose voorkoms. “Dit gaan my ‘n fortuin kos om nuwe tande te kry,” het hy gesê. Mackowiak word van wanpraktyk aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.