ʼn 44-jarige tandarts wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 22-jarige swanger verpleegster verkrag het, is Woensdag borgtog geweier.
ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, sê die verkragting het glo Dinsdagaand by die Ratshatsha mediese sentrum, sowat 160km van Polokwane, plaasgevind. Die tandarts het glo toenadering gesoek by die verpleegster en haar toe glo verkrag toe sy geweier het. Die verpleegster het die voorval dadelik by die polisie aangemeld en die tandarts is in sy kamer by die sentrum in hegtenis geneem. Hy moet weer op 14 Februarie in die hof verskyn.