Tandlose verpleegster mag nie werk

Argieffoto

ʼn Verpleegster van Kaapstad is huis toe gestuur nadat sy sonder haar voortande vir diens aangemeld het.

Die 52-jarige vrou, wat nie haar naam bekend gemaak wil hê nie, het aan die Daily Voice gesê die voorval het Vrydag by die N1 City-hospitaal plaasgevind. Haar bestuurder het vir haar gesê sy kan nie terugkeer werk toe voordat sy nie haar twee valsvoortande opgespoor of vervang het nie.

Sy sê haar valstande is verlede naweek uit haar badkamer gesteel toe sy van diens af was. Sy het dit eers ontdek op die dag toe sy moes terugkeer werk toe.

Haar bestuurder het haar omstreeks 09:00 huis toe gestuur met verpligte verlof. Die verpleegster is nie seker of dit betaalde of onbetaalde verlof is nie. “Ek moet nou nuwe tande laat maak wat my R2 900 uit die sak gaan jaag,” het sy gesê.

Ian Goble, die direkteur van Netcare, sê die aantygings word ondersoek en dat die betrokke bestuurder tans met verlof is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Berita Drescher ·

Ek sal nie te veel bekommer oor n verpleegster se valstande nie maar die diefstal van mens se tablette en dit voorskrif kalmeerpille is baie meer kommerwekkend…. 14 van my Alprazolamtablette was uit my meds houer in die waaksaal van dieselfde hosp gesteel. Ongelukkig het ek dit eers opgelet nadat ek die hosp verlaat het…..dit is al plek waar dit kon wegraak. Ek het dadelik die hosp se superintendent gebel …..ek wag nou nog vir n antwoord! Los maar vir verpleegstertjie met haar gapinkie in haar mondjie……trek liewer die verpleegpersoneel vas wat mens se pille so steel as jy moet plat le in die waaksaal en nie eens jou toon mag roer nie.

Vlekkie van Deventer ·

Ai toggie, ek krul van die lag. Shame die arme vrou. Dit laat my dink aan my arme tandlose foxterrier hondjie wat so opgewonde raak dat sy wange opblaas as hy te vinnig asemhaal want daar is niks tande meer om als in plek te hou nie. Hy lyk soos ‘n dinosaurus want hy het net sy twee slangtande bo en onder oor. He he. Sal maar my ma se ou spaar stel valstande vir die arme vrou moet stuur. Shame!

HELENA SEABORNE ·

wat het haar tande met haar werk te dun. ek vat eerder iemand sonder tande wat haar werk dun as iemand met tande wat sleg is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.