‘n Sekswerker van Kaapstad het glo geld van ‘n man aanvaar om haar susterskind te molesteer.
Die 23-jarige vrou het Donderdag in die Atlantis-landdroshof verskyn op aanklag van seksuele versorging en seksuele gunse. Die saak is tot 25 Januarie uitgestel, berig The Daily Voice.
Volgens die staatsaanklaer het die vrou haar susterskinders, onderskeidelik drie en tien jaar oud, ‘n maand gelede van hul huis in Witsand weggelok. Die ma, wie se naam nie bekendgemaak mag word nie, het gesê ‘n man het by ‘n brug gewag en R200 betaal om aan die ouer kind te vat. Die klein sussie het toegekyk. “Sy (die beskuldigde) het tik (methamphetamien) gebruik. Dit is die tik wat veroorsaak dat hulle sulke goed doen. Sy het op die pad gewerk en haar lyf verkoop,” het die ma van die twee dogtertjies aan die koerant gesê.
Die kinders se tannie is Dinsdag in hegtenis geneem. ‘n Manlike verdagte is ook intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem.
-SAPA