Tanzanië-minister sterf in SA

William Mgimwa, minister van finansies in Tanzanië

William Mgimwa, minister van finansies in Tanzanië

William Mgimwa, Tanzanië se minister van finansies, is in ʼn Pretoria-hospitaal aan natuurlike oorsake oorlede.

“Hy is op Nuwejaarsdag oorlede ná behandeling vir ʼn siekte,” het die tesourie van die Suid-Afrikaanse regering in ʼn verklaring gesê.

Mgimwa sou vandeesmaand sy 64ste verjaarsdag gevier het. Hy is in 2012 aangestel as minister van finansies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

akram ·

Dis jammer. Nou vandag het hulle sy gedenk diens, en die Min. bly net 2 huise van my af. van gister af is alles beheer deur polisie en weermag. Wat nou erg is, is die feit dat die paaie hie nie regtig breed is nie en die voertuie blok alles. Ek hoop hulle los my hek oop. dat ek kan inkom.Ek neem aan die TZ Pres gaan ook daar wees. Van vroeg al word n tent opgeslaan en stoele en tafels reg gedra.

Eben ·

Wie betaal daardie rekening? Hoekom in ons Hospitaal … wat is fout met Tanzaniese hospitale?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.