“Tasmoordenaar” op parool vrygelaat

Riku Nortjé, een van die sogenaamde “tasmoordenaars”, word Donderdag om 12:00 op parool vrygelaat.

Ofentse Morwane, ʼn woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Maroela Media gesê alle administratiewe sake vir sy parool is gefinaliseer.

“Nortjé is in die Leeuwkop-gevangenis in Sunninghill, Johannesburg, aangehou en word van die gemeenskapskorreksiekantoor in Boksburg vrygelaat, vanwaar sy parool gemonitor gaan word,” het Morwane gesê. Nortjé sal onder meer met ‘n elektroniese toestel gemonitor word.

Nortjé en sy broer, Jano (41), is in 1996 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die 75-jarige Engel Leendert Bakker.

Die broers het bekend geword as die “Tasmoordenaars” nadat hulle Bakker in 1995 met ’n bofbalkolf doodgeslaan, sy liggaam in stukke gesny en in drie tasse gepak het. Hulle het ’n trein na Hoedspruit gehaal en Bakker se onderlyf uit die trein gegooi toe vloeistof uit die tas begin loop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.