Taxi-baba: Ma vas, baba ongedeerd

‘n Ma van Kaapstad is in hegtenis geneem vir kinderverwaarlosing nadat sy vier dae gelede haar babaseuntjie aan ‘n vreemdeling in ‘n minibustaxi oorhandig het.

Die 29-jarige vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat haar ses maandeoue baba, Ngcwele, op dieselfde dag by een van die staat se huise van veiligheid vir vroue en kinders in Khayelitsha opgespoor is. Sy het haar baba Vrydag glo aan aan van die pendelaars oorhandig toe sy op die taxi wou klim, maar voordat sy kon inklim, het die deure toegemaak en het die taxi weggery.

“Die kind is nie beseer nie. Hy is medies ondersoek en is in goeie sorg,” het Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy sê ‘n vrou in die taxi het die baba na die polisiestasie toe gebring. Albert Fritz, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het glo maatskaplike werkers gestuur om die ma se huis te besoek nadat hy mediaberigte oor die vermiste baba gelees het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.