Taxi-bestuurders, wat oor roetes baklei, het glo Vrydag klippe na motors in Mamelodi-Oos gegooi.
Sommige paaie is gesluit en passasiers was gedwing om uit ‘n bus te klim wat met klippe bestook is, berig EWN. Dit kom voor asof taxi-bestuurders met mekaar baklei het. ‘n Polisiemotor is ook met klippe bestook en is gedwing om te vlug. Die stryd is moontlik tussen plaaslike taxi’s en persone van na en vanaf die stad ry. Die verkeer is beïnvloed, maar geen verdere inligting is beskikbaar oor wanneer die bakleiery sal ophou nie.