Polisie moes Vrydag ʼn groep oproerige taxi-bestuurders met traangas uitmekaar kry, ná hulle in Durban teen die eThekwini-metropolisie betoog het. Hulle voer aan dat die metropolisie hulle onregverdig teiken.
Die polisie moes intree na die groep van nagenoeg 100 betogers hulle met klippe begin gooi het. Die betogers het pype, knopkieries, planke, pangas en selfs vuurblussers en hokkiestokke in die lug rond geswaai.
Die voorval het tussen Pixley ka Sema- en Smithstraat plaasgevind. Hulle het ook motoriste intimideer.
Dit was die tweede dag wat die taxi-bestuurders teen die metropolisie betoog het.
– Sapa