Taxi-betogers spot Zuma

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Honderde taxi-betogers het Maandag tydens hul e-tol optog in Pretoria plakkate rondgeswaai wat die gek skeer met president Jacob Zuma.

Baie betogers het knopkieries gedra en plakkate rondgeswaai wat sê: “Shower man can go to hell” [Stortkop kan maar hel toe gaan].

“Zuma jy is ʼn leuenaar”,  “Panzi Dipuo Peters” [weg met Dipuo Peters], en “Nee vir e-tol” was op ander plakkate geskryf.

Die betogers het in Marabastad, naby aan Pretoria se middestad, bymekaar gekom waarna hulle na die kantore van Dipuo Peters, minister van vervoer, gestap het om ʼn memorandum van griewe te oorhandig.

Die betogers het struggle-liedjies soos “mzabalazo uya phumelela” [die stuggle gaan aan] gesing.

Die betogers het wit T-hemde aangehad en is deur meer as 50 taxi’s begelei terwyl hulle gestap het.

Taxi’s van die nasionale taxi-vereniging betoog teen die regering se onvermoë om die nodige lisensies aan taxi-operateurs te verskaf. Die lisensies sal hulle in staat stel om van e-tol kwytgeskeld te word. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.