Taxi-betoging laat pendelaars gestrand

Betogende taxibestuurders dreig diegene wat nie wil betoog nie. Foto: @POWER987News / Twitter

Betogende taxibestuurders dreig diegene wat nie wil betoog nie. Foto: @POWER987News / Twitter

Inwoners van Atteridgeville in Pretoria was Maandag gestrand nadat taxi-operateurs begin het om teen e-tol te betoog.

Taxi’s van die Nasionale Taxi-vereniging betoog Maandag in Pretoria se middestad teen die regering se onvermoë om die nodige lisensies aan taxi-operateurs te verskaf. Die lisensies sal hulle in staat stel om van e-tol kwytgeskeld te word. Die betoging sou om 07:30 begin het, maar teen 09:30 het dit nog nie begin nie.

Intussen het inwoners van Atteridgeville aangedui hulle was nie van die betoging bewus nie en kon nie vervoer kry nie. Een inwoner het gesê hy het vir langer as 2 ure vir ʼn taxi gewag. Sommige inwoners het na Kalafong, wat naby Atteridgeville is, gestap om van daar van publieke treine gebruik te maak.

Intussen word daar ook berig dat taxibestuurders ander taxibestuurders dreig wat nie aan die betoging deelneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.