Taxi drywers staak oor petrolprys

ʼn Taxi staking in Johannesburg het vanoggend duisende pendelaars gestrand gelaat. Die Taxi bestuurders staak om oor verskeie aspekte te protesteer. Luidens die SABC is hulle onder andere ontevrede oor die e-tolstelsel en die stygende hoë petrolprys.

Die betrokke gebiede wat geraak word is Soweto se voorstede, Vosloorus in die Oos-Rand en die Vaaldriehoek. Na wat verneem word, gaan betogers later vandag die strate invaar om ʼn optog te hou.

Intussen het die taxivereniging – Santaco – homself gedistansieer van die taxi-staking. Santaco het gesê daar is geen rede vir ‘n staking nie.  Santaco se hoofsekretaris, Phillip Taaibosch het gesê hy vermoed dat daar ‘n nuwe taxi-instansie is wat dié staking gereël het. Hy het gesê hy het egter nie bewyse nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.