Taxi-ongeluk eis lewe, beseer 17

Foto: Jacob Moshokoa/EWN

Een persoon is dood en 17 ander beseer nadat ʼn taxi Vrydagoggend op die N1-snelweg in Johannesburg gebots het.

André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, sê die bestuurder van die taxi het glo beheer oor die voertuig naby Paulshof, ná die William Nicol-afrit, verloor. Na wat verneem word, het die taxi se band gebars. “Die taxi het omgeslaan en verskeie kere gerol. Van die passasiers is uit die voertuig geslinger,” het Visser gesê.

“Een van die passasiers het veelvoudige beserings opgedoen en is later op die toneel dood. ʼn Totaal van 17 ander pasiënte is vir verskeie beserings behandel. Vier van die passasiers is ernstig beseer en is in ʼn kritieke toestand na nabygeleë hospitale geneem. Die res van die pasiënte het rug- en nekbeserings, gebreekte bene en kopbeserings opgedoen. Verkeer is erg ontwrig omdat die snelweg gesluit moes word vir twee helikopters om op die pad te land,” het Visser bygevoeg.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.