Taxi-onrus in PTA-middestad

Taxigeweld in Pretoria se middestad Foto: _MotsoB op Twitter

Vier mense is Vrydagoggend beseer tydens ʼn onderonsie tussen twee mededingende taxi-verenigings in Pretoria se middestad.

“Die polisie het omstreeks 06:00 ʼn oproep ontvang dat die Tembisa taxi-vereniging en die Olievenhoutbosch taxi-vereniging baklei,” het Isaac Mahamba, senior superintendent van die Tshwane-metropolisie, gesê. “Skote is gevuur, maar niemand is getref nie. Die vier mense is tydens die bakleiery beseer.”

Die betrokkenes is deur die polisie ondervra.

Mahamba sê daar is ʼn moontlikheid dat al 10 persone in hegtenis geneem kan word ná ondervraging. Hy sê die polisie vergader met die taxi-verenigings om die oorsaak van die bakleiery te bepaal. Hulle vermoed egter dat dit verband hou met taxi-roetes.

Die polisie is steeds op die toneel om die situasie dop te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nico ·

Dit lyk of ‘n vryemarkstelsel nie in Afrika sal werk nie. Opposisie word net eenvoudig nie geduld nie.

Piet le Roux ·

Eintlik kan die konsepte vryemarkstelsel en opposisie nie so in twee gebreek word nie. Dis nie dat die vryemarkstelsel nie sal werk nie omdat opposisie nie geduld word nie. Die vryemarkstelsel (dit is: verhandeling, mededinging en respek vir eiendom) word nie geduld nie.

Kaspaas ·

Ongelukkig bly dit maar in sekere kulture se bloed om barbaars te wees. Na amper 20 jaar van demokrasie kan hulle nog steeds nie soos opgevoede “mense” onderhandel nie.

Paul ·

Onthou jy dalk so klein gebeurtenis genaamd die Tweede Wêreldoorlog?

Johnny Botha ·

Ons gaan hierdie onverdraagsaamheid en geweld tussen mededingers, op alle vlakke en in alle sfere, van politiek tot ekonomiese en sport gebied ondervind.

Afrikane het nog nooit gedeel nie, tensy daar finansiele voordele vir hulle is nie. Hulle is ook geneig om dit, wat hulle verniet kry, op te voeter en dan ander te blameer vir hul eie gemors. Kyk maar net na ons eens betroubare Spoorwee, Poskantoor, en vele ander openbare staats-instellings. Die geriewe is vieslik vuil, dit stink en die klient-diens nog erger.

Ek is hartseer oor ons geliefde Suid-afrika se agteruitgaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.