Taxi-sleep: Adv. Se verloofde in hof

Kim McCusker en haar verloofde Lourens Grobler. Foto: Facebook

Die Johannesburgse advokaat wat deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is se verloofde sal Donderdag in die Randburg landdroshof verskyn.

Kim McCusker se verloofde Lourens Grobler (37) word aangekla van aanranding en is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die taxibestuurder, Matome Thamage (30), het glo amper in McCusker en Grobler se motor vasgery. Thamage beweer hy het van die toneel probeer vlug nadat Grobler hom glo aangerand het. Thamage het Dinsdagoggend in die Randburgse streekhof op aanklagte van poging tot moord en roekelose of nalatige bestuur verskyn. Die saak is uitgestel tot 12 Februarie vir verdere ondersoek. Die hof wag steeds op ʼn verklaring van McCusker wat tans by die huis aansterk nadat sy einde verlede maand uit die hospitaal ontslaan is. Thamage is uit op borg van R5 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.