Taxi-sleep: Bestuurder Vrydag in hof, adv. vier verjaarsdag in hospitaal

Kim McCusker en haar verloofde Lourens Grobler.

Die taxibestuurder wat glo ʼn Johannesburgse advokaat omgery en meters ver gesleep het, sal Vrydag in die Randburg landdroshof verskyn.

Matome Thamage (30) is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word aangekla van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur nadat hy Kim McCusker glo omgery en sowat 700m ver gesleep het op 13 September. Thamage het glo amper in McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler, se motor vasgery. Thamage beweer hy het van die toneel probeer vlug nadat Grobler hom glo aangerand het. Grobler het verlede week in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 8 Desember. Hy is ook vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Intussen het McCusker Woensdag haar 26ste verjaarsdag gevier in die waakeenheid van die Fourways-hospitaal. Sy het reeds talle veloorplantings ondergaan aan onder meer albei haar elmboë en haar voete. McCusker het duisende gelukwensboodskappe op haar ondersteuningsgroep op Facebook ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.