Taxi-sleep: McCusker se verloofde Vrydag in hof

Kim McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler. Foto: Facebook

Die Johannesburgse advokaat wat verlede maand deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, se verloofde verskyn Vrydag in die Randburg landdroshof op aanklagte van aanranding.

Lourens Grobler (37) is op 19 September op borgtog van R5 000 vrygelaat. Grobler het na bewering op 13 September die taxibestuurder, Matome Thamage, aangerand nadat laasgenoemde glo teen hom en sy verloofde, Kim McCusker, se bakkie gebots het. Thamage het McCusker omgery en meters ver gesleep nadat hy glo van Grobler probeer vlug het. Thamage is ook vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word aangekla van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur. McCusker is intussen steeds in isolasie en in die waakeenheid van die Fourways-hospitaal . Sy het reeds talle veloorplantings ondergaan aan onder meer albei haar elmboë en haar voete. McCusker se ondersteuningsgroep op Facebook het intussen gegroei tot meer as 17 500 mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.