Taxi sleep metrobeampte

Argieffoto

‘n Johannesburgse metropolisiebeampte is Vrydag glo “’n hele ent” deur ‘n minibustaxi gesleep nadat hy probeer het om die voertuig op die M1-suid in Johannesburg af te trek.

“Lede van die publiek het die taxi tot ‘n stilstand gebring toe hulle gesien het hoe die metropolisiebeampte onder die voertuig naby Corlettrylaan gesleep word,” het Wayne Minnaar, hoofsuperintendent van die metropolisie, gesê. Die bestuurder van die taxi is in hegtenis geneem en sal Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklag van poging tot moord en versuim om vir ‘n verkeersbeampte in uniform te stop.

Die beampte, wie se naam nog nie bekend gemaak is, nie, is in ‘n ernstige toestand na Milpark-hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.