Taxi-sleep: Verskeie veloorplantings vir vrou

Kim McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler. Foto: Facebook

Die Johannesburgse advokaat wat deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, is steeds in die hoësorg-eenheid van die Fourways-hospitaal en sal binnekort verskeie veloorplantings ondergaan.

Adv. Kim McCusker se suster, Julia, sê Kim se wonde is besig om gesond te word en dat die dokters binnekort met veloorplantings sal begin, wat weer haar risiko om infeksies op te doen sal verhoog. McCusker is steeds van die ventilator afgehaal en haar infeksies is ook onder beheer. Julia sê Kim kan weer vaste kos eet, ontvang daagliks fisioterapie en doen ander oefeninge om haar bors en longe sterk te maak sodat sy nie weer aan ʼn ventilator hoef gekoppel te word nie. Julia sê hoewel Kim ʼn lang en moeilike pad het wat voorlê bly sy positief en is sy dankbaar vir die ondersteuning wat sy ontvang.

Die taxibestuurder, Matome Thamage, word aangekla van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur nadat hy McCusker omgery en meters ver gesleep het. Hy is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. McCusker se verloofde, Lourens Grobler, is ook op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word aangekla van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging. Thamage beweer Grobler het hom aangerand en dat hy om die rede van die toneel probeer vlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.