Taxibedryf wil petrolsubsidie hê

Die National Taxi Alliance (NTA) het Woensdag versoek dat die regering ‘n brandstofsubsidie aan die taxibedryf moet toestaan.

“Die bedryf bied ‘n belangrike diens,” het Alpheus Mlalazi, uitvoerende hoof van die NTA, gesê. “Die petrolprys styg aanhoudend. Ten minste 70% van die prys kan aan heffings toegeskryf word. Taxi’s bied ‘n belangrike diens en verdien ‘n subsidie.”

Volgens Mlalazi is hoë brandstofkoste ‘n las vir ‘n bedryf wat geen regeringsubsidie ontvang nie. Die bedryf versoek ‘n vergadering met die regering om die petrolsubsidie te bespreek.

Mohanoa Francis Masitsa, voorsitter van die NTA, het die regering vroeër beskuldig dat hy nie die bedryf ernstig opneem nie. Daar is tydens die minister van vervoer se begrotingsrede in die parlement geen melding gemaak van die bedryf nie, alhoewel die NTA uitgenooi is om die toespraak by te woon.

Masitsa sê die organisasie het nie ‘n reaksie van Gwede Mantashe, uitvoerende hoof van die ANC, ontvang oor die party se ingryping nadat die begroting ingedien is nie. Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, sê dit is moontlik dat die brief aan Mantashe gestuur is, maar dat hy dit nooit ontvang het nie. Hy stel voor dat die NTA ‘n vergadering met Mantashe belê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Seg Net ·

Wat is die doel van die taxi’s in die land? Om persone, wat nie vervoer het nie, van punt A na punt B te vervoer, hetsy om te gaan werk, terug huistoe te gaan, dr. toe te gaan of wat ook al. Waarom het ‘n persoon ‘n voertuig? Wel vir dieselfde doeleindes waarvoor die taxi’s mense vervoer met die verskil dat die motor eienaar geen inkomste daaruit kry nie. So subsidieer die motor eienaar dan ook.

Seg Net ·

Leana As dit maar net by hê bly is dit nog aanvaarbaar, maar dit bly nie daar nie dit is mos eise of soos hulle dit noem “demand”
Goed en jy????????

JAVR ·

Ek is oortuig die swartes is ALMAL met die arm eerste uitgestrek gebore! Dit is so instink hulle weet nie hoe om vir iets te WERK nie!

M.Grobler ·

Dan moet ons maar, ons voertuie ook as taxi’s registreer.

HELENA SEABORNE ·

wil ek suk ok subsidie, ek loop wa ek wil wees. met die petrolpryse word word da net in die kar geklim as dit nie binne loopafstand is nie. en ek suk dangerpay omdat ek my lewe waag elke keer as ek iewers heen mut loop.

Andie ·

Wie gaan die subsidie betaal? Seker ons ander wat self ons petrol moet betaal. Twak!!

piet ·

EK SIEN N GAPING IN DIE MARK, DEREGULEER DIE PRYS EN SIEN WAT GEBEUR AS DIE VRYEMARK OORNEEM. EK VERKOOP DIESEL EN DIE PRYS IS HOOGS MEDEDINGEND EK KAN DIESELFDE MET PETROL DOEN. KYK VIR OPLOSSINGS. GROETE

Paul ·

Dis nie korrek dat 70% van die prys van petrol uit heffings bestaan nie. Die werklike persentasie is minder as 25% op die oomblik.

tommyallen ·

Ek soek ook ‘n subsidie. Ek lewer ook ‘n belangrike diens: Ek ry elke dag werk toe om aan die einde van die maand belasting te betaal. Betaal die taxi-eienaars belasting op die geld wat hulle elke dag verdien?

Lizzie ·

Hoe bedoel meneer dan nou? Hulle betaal nie belasting nie want hulle kry “cash” en ek en jy moet belasting betaal sodat hulle die subsidie kan kry. As daar minder korrupsie en bedrog in die land se hooggeplaasdes is, kan die petrol verlaag word en sal dit nie nodig wees dat die taxibedryf subsidies vra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.