ʼn Eerlike taxibestuurder van Las Vegas is beloon nadat hy $300 000 (sowat R3 miljoen) aan ʼn klant terugbesorg het.
Gerardo Gamboa het dadelik radiobeheer in kennis gestel nadat hy op die kontant van ʼn bekende pokerspeler in sy motor afgekom het. Die pokerspeler het die kontant glo Maandagoggend in sy Yellow Checker Star-taxi agtergelaat, berig NBC News.
“Die geld behoort nie aan my nie, ek wou die regte ding doen,” het Gamboa gesê.
Gamboa het glo nie die pokerspeler herken nie, buiten dat hy hom ʼn stewige $5 (R50)-fooitjie gegee het vir die reisgeld van $9.90 (sowat R100).
Die taximaatskappy het Gamboa se eerlikheid met $1 000 (sowat R10 000) kontant beloon, ʼn ete vir twee by ʼn spoggerige restaurant en boonop die titel “Bestuurder van die Jaar”.
Die pokerspeler se naam is nie bekend gemaak nie.
Visit NBCNews.com for breaking news, world news, and news about the economy
Sulke eerlikheid is skaars hier in Suid-Afrika ! Dit wil gedoen word.
Ria ek dink daar is wêreld wyd maar min sulke mense. Is dit nie waarvan die Bybel ons leer nie?
Dit is van die Geestelike gesondheid waarvan ek in ‘n ander berig gepraat het wat verwyder is. Liewer sulke gesondheid as liggaamlike gesondheid met ‘n siek geestelike lewe wat mens nie in die hemel kan bring nie.
Heeltemal reg Gawie – my antwoord : AMEN !
Dink net as ons polisie op dit afgekom het. Hulle sou baie hoender gekoop en geeet het.
Ai, Chris. Ek het nou lekker gelag vir dai een hoor. Jy slaan die spyker op sy kop. He he he
Toe ek die opskrif lees, val my mond oop. Kan dit wees? Hier in SA?
Maar nee, toe nie.
Dat ons nou tot in LV moet reis om sulke eerlikheid van ‘n Taxi-bestuurder te moet aanhoor. Pragtig.
Wel, hoekom weet ons nie of die eienaar van die geld hom beloon het, aldan nie?