Taxibestuurder bots met gereg

Argieffoto

ʼn Taxibestuurder is Woensdag in hegtenis geneem toe hy hom teen Johannesburg-metropolisie verset het ná hy ʼn verkeersoortreding begaan het.

Wayne Minnaar, die metropolisie se woordvoerder, sê die motoris is in Pimville, Soweto, van die pad af getrek nadat hy oor ʼn sypaadjie gery het om ʼn rooi verkeerslig te vermy. “Hy het die beamptes gedreig en wou nie sy samewerking gee nie. Hy is uit sy voertuig gepluk en op grond vasgedruk en geboei,” het Minnaar gesê.

Die bestuurder moet Donderdag in die Protea-landdroshof verskyn. Hy word aangekla van intimidasie en verset teen inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.