ʼn Taxibestuurder is Woensdag in die Johannesburgse landdroshof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn voetganger doodgeskiet het.
Zakhele Sticks Ndlovu (33) het in Augustus vir Bongane Christopher Sibeko op die hoek van Bree- en Delverstraat in Johannesburg se middestad tydens ʼn argument doodgeskiet.
Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Ndlovu is onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit en sy vuurwapenlisensie is deur die staat teruggetrek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
CCTV, veiligheidswagte en veiligheidsheining die hele kaboedel en hy vorder tot daar en verdwyn weer so in die mis! Jaag die sekuriteitsmaatskappy weg of plaas die mense oor na ‘n beter en veiliger plek en maak maar die deure toe.