Taxibestuurder kry 105 jaar agter tralies

Vuledzani Ramulifho. Foto: eNCA / YouTube

ʼn Taxibestuurder van Braamfischerville in Johannesburg is Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof vir verskeie misdade tot 105 jaar tronkstraf gevonnis.

Vuledzani Ramulifho is tot drie lewenslange tronkstraf gevonnis en ʼn verdere 30 jaar vir roof, aanranding en verkragting van verskeie vroue, het The Star Donderdag berig.

Ramulifho het in die Roodepoort-omgewing sy slagoffers in sy taxi in gelok, onder die voorwendsel om hulle huis toe te neem. Hy het dan pepersproei in hul gesig gespuit, hulle beroof en seksueel aangerand of verkrag.

Regter Naren Pandya het, voordat hy sy vonnis gelewer het, aan Ramulifho gesê: “Hoe sou jy voel as iemand jou vrou of ma sou verkrag? Sou jy jou ma, suster of vrou ʼn “teef” noem?”

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.