Taxibestuurder sterf in botsing

Argieffoto

ʼn Taxibestuurder is dood en ʼn ander man ernstig beseer nadat die taxi en ʼn voertuig Donderdagaand naby Magaliesberg gebots het.

“Die ongeluk het op die R24 plaasgevind,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.  Die voertuie het mekaar reg van voor getref.

“Die bestuurder van die voertuig het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

Die taxibestuurder was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese kake uitgesny word. “Die bestuurder het veelvoudige kritieke beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Poppie ·

Het al gesien hoe ry die Taxi bestuurders, baie onverantwoordelik. Vat verby waar hul e nie moet nie en ry ook aan die verkeerde kant vandie pad. Regs verby op n sperstreep of regs verby met n spoed en kan nie betyds terug in die verkeer kom nie!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.