Taxibestuurder sterf in gru-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Taxibestuurder is Donderdagoggend dood nadat hy teen ʼn vragmotor gebots het op die R27 naby Atlantis in die Wes-Kaap.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê die oorsaak van die ongeluk is onbekend maar dit blyk dat die taxi teen ʼn hoë spoed teen die agterkant van die vragmotor gebots het. Die taxibestuurder was die enigste insittende. Hy was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting bevry word. Albei sy bene was gebreek en hy ernstige inwendige beserings opgedoen. Hy is per ambulans na die Groote Schuur hospitaal vervoer maar is kort na sy aankoms dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Albert Venter ·

Hierdie tipe gebeurtenis laat mens weereens dink. Die omstandighede waaronder die voorval gebeur het is onbekend soos bv die tyd , sigbaarheid, pad oppervlakte en of die vragmotor bewegend was of nie. Sonder om enigsins partydig te wees is dit wel ‘n geval dat baie vragmotors nie genoegsame nag sigbare band op het nie. Indien die vragmotor stilstaande was kan die vraag gevra word of daar ‘n waarskuwings driehoek uitgesit was. of het die agter ligte van die vragmotor gewerk? Ek glo dat ‘n op die toneel ondersoek wel hierdie insident sal kon ontrafel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.