Taxibestuurder sterf tydens ‘padwoedevoorval’

ʼn Taxibestuurder van Mangaung is Dinsdagaand tydens ʼn beweerde padwoedevoorval doodgeskiet.

Ao. Zweli Mohobeleli, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 46-jarige taxibestuurder is omstreeks 20:30 by ʼn kruising in Phase 5 van Mangaung geskiet.

“Volgens ooggetuies het ʼn argument tussen die taxibestuurder en die bestuurder van ʼn blou Toyota Corolla onstaan. Die verdagte het die taxibestuurder vir sowat 300m agtervolg en hom toe doodgeskiet,” het Mohobeleli gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die Bloemspruit-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.